Brandvlei, Brandvlei
Regte Boesmanlandse plaas met Boesmangras, Ganna en verskeie bosse as bedekking. Die plaas het volop en baie lekker water. Boorgate is vlak en daar is geen pypleiding. Die infrastruktuur is baie goed en daar is krag in die huis. Dit is baie maklik om op die plaas te boer.
Die plaas beskik oor `n 4 Slaapkamer woonhuis waarvan `n gedeelte asbes is. Daar is store en arbeiders huise en die plaas is verdeel in 11 kampe.
Sonkrag: 3,75 Omsetter
Boorgate: 8
Windpompe: 7
Solarpompe: 1
Damme: 7 (Sement)
Suipings: 11
Tenks: 1 x 10 000L
Indringer bos: Prosopis in laagte
Kampe: 11
Toestand van draad: Goed
Hoeveel skaap/bees kan geboer word: 600 kleinvee
Krale: 5
Stalle: 2
Verbeteringe/Geboue:
2 x Store, 2 x Arbeidershuise, 2 x Enjinkamers, Waskamer, Voerkamer (+ 2 waenhuise)
4 Slaapkamer woonhuis met 2,5 Badkamers, Kombuis, Ooplan eet- en sitkamer, Studeer kamer, Opwas en `n tuin.
Grondpad km: 58km
Naaste drop: Brandvlei